Die 97-jarige ouma van die Amerikaanse deelstaat Michigan is nooit terug skool toe nie, maar het klerikale werk gedoen voor sy onderwyseres geword het vir voorskoolse kinders. En nou, 79 jaar nadat sy veronderstel was om met skool klaar te maak, het haar ou skool, die Catholic Central High School, aan Margaret ’n erehoërskooldiploma toegeken.
“Catholic Central vereer Margaret met trots deur middel van die diploma wat sy lank gelede al moes ontvang het. Hoewel Margaret nooit haar hoërskoolloopbaan amptelik voltooi het nie, het die verhaal van haar as ’n oudleerder van Catholic Central ’n groot impak gemaak op die skool en op ons gemeenskap,” sê die skoolhoof, Greg Deja, in ’n persverklaring. “Die onselfsugtige manier waarop Margaret geleef het, getuig werklik van die kernwaardes van Catholic Central en ons is trots daarop om haar nou amptelik as ’n afgestudeerde van Catholic Central te verwelkom.”

Die oorstelpte ou dame het vreugdetrane afgevee toe sy die diploma ontvang in die teenwoordigheid van haar dogter, Gerri Smith.

“Ek bedank julle uit die diepte van my hart,” het sy met ’n grademus op haar kop gesê.

Gerri het ná die plegtigheid gesê: “Ek is geweldig bly dat my ma se lewensdroom om haar hoërskooldiploma te ontvang eindelik bewaarheid is."

Bronne: boredpanda.com, today.com