“Ons verhouding is sterk en dit het die besluit vergemaklik,” het Christine verduidelik. “Wie wil nou nie jou beste vriendin op jou troudag aan jou sy hê nie?”

Hoewel Betty eers huiwerig was, het sy eindelik toegestem en trots langs haar kleindogter gestaan toe sy op 2 Mei in Pennsilvanië met Patrick trou.

En volgens Christine was Betty, wat al langer as 50 jaar gelukkig getroud is met haar oupa, die siel van die partytjie.

“Ouma het saam met die res van die bruilofsgaste in die partytjiebus geklim pleks van ‘huis toe te gaan om te gaan rus’, maar sy het nie vir my ma (haar dogter) daarvan gesê nie,” het Christine aan die Huffington Post gesê.

“Sy het ook die hele aand gedans. Dit was ’n spesiale oomblik toe sy en Bellsie, my man se ouma, met mekaar dans. Dit was ongelooflik.” Christine het ook die trousenuwees tot bedaring help bring. Volgens Christine het haar ouma haar voor die seremonie gevra of sy gelukkis is, waarop sy ja geantwoord het. “Mooi so. Dis al wat ek wil hoor. Kom ons kry hierdie vertoning aan die gang,” het sy glo gesê. Sy het later vir Christine gesê sy het die troue terdeë geniet. “ ’n Mens is net so oud soos wat jy voel, en ek voel vandag jonk.”

Bronne: huffingtonpost.com, metro.co.uk