Raar, maar waar! Denzil, ’n koddige miniatuur-dobermann-pinscher, loop rond op sy agterpote nes ’n meerkat!

Dié eenjarige hond van Engeland is selfs ook Meerkat gedoop. “Ons het hom die naam gegee omdat hy altyd so nuuskierig is en sy lyfie uitstrek soos ’n meerkat om alles te sien,” vertel sy eienaar, Stephan Grothgar.

Die meeste honde vind dit interessant om hul eie stert te jaag of deurmekaar te raak met hul eie refleksie, maar vir Denzil is dit anders.

Hy hou daarvan om op sy agterpote te loop wanneer hy die pad oorsteek of in die parkie is en kan vir langer as 30 sekondes regop staan.

“Omdat hy so kort is, hou hy daarvan om regop te staan en twee keer sy lengte te wees.”

En as hy nie soos ’n meerkat lyk nie, is hy die spieëlbeeld van die televisiekarakter E.T.

“Hy strek sy nek ver in die lug en dis geneig om alte onaardig te lyk,” meen Stephan.

- Janine Nel

Source: mirror.co.uk