In die nuutste Scooby Doo-fliek probeer die bose meesterbrein elk van die groeplede se mag breek deur dit weg te neem wat hulle die naaste aan die hart lê.

Die modebewuste en beeldskone Daphne verander dan van rietskraal na oorgewig.

In een van die tonele huil sy onophoudelik in ’n vertrek vol spieëls en gil in afgryse oor haar nuwe voorkoms.

Die rolprent het opspraak gewek op sosiale media, waar ma’s die vervaardiger, Warner Brothers, gekritiseer het en gesê het dit kan jong meisies benadeel wat vatbaar is vir selfbeeldkwessies.

Vroueregte-aktiviste het op Twitter gesê die fliek bevorder die idee uit dat haar voorkoms verloor en gewig aansit die ergste ding is wat met ’n meisie kan gebeur.

Kyk hier na die toneel uit die fliek:

Hier is die volledige lokprent:

- Mieke Vlok

Bronne: Twitter, Mail Online, youtube.com

Lees ook: