Ouers by ’n skool in Amerika is briesend nadat laerskoolkinders ’n woordsoek-oefening met ’n 50 Shades of Grey-tema by die skool gekry het.

Onder meer moes kinders woorde soos “spanking,” “submissive”, “leather cuffs” en “bondage” soek.

James Carter, ’n pa, was woedend en het die voorval by die skool se beheerraad aangemeld. Die voorval word tans deur die polisie ondersoek, maar die skool hou vol dat dit ’n onskuldige fout was.

Bronne: Yahoo.news, wgntv.com