Hulle verander toe haar naam na Ella, wat aansienlik minder smaaklik klink.

Volgens die Franse koerant, La Voix du Nord, is die baba in September in Valenciennes, in die noorde van Frankryk, gebore.

Die Franse wet vereis dat registrateurs van geboortes die plaaslike gesinshof moet inlig indien die naam wat aan 'n baba gegee is, klink asof dit moontlik nie in sy/haar beste belang beskou kan word nie.

In dié geval het die regter besluit dat die kind 'n nuwe naam moes kry, want Nutella is die naam van 'n soort kos en nie dié van 'n baba nie.

La Voix du Nord berig dat die regter van mening was dat die dogtertjie waarskynlik gespot sou word oor haar naam.

Die ouers van die baba het nie in November by die hof opgedaag vir die verhoor nie en toe besluit die regter om die dogtertjie se naam te verander na Ella.

Bronne: Buzzfeed, BBC News, The Guardian