Die ma, Joey Mudd (34), het erken sy het al minstens vyf keer saam met haar twee dogters van 13 en 15 jaar dagga gerook. Hul pa, Chad Mudd (36), het glo een keer saam met die kinders in sy vragmotor kokaïen gesnuif.
Die ma, Joey Mudd (34), het erken sy het al minstens vyf keer saam met haar twee dogters van 13 en 15 jaar dagga gerook.

Die egpaar het ook ’n voorskoolse dogter.

Joey, wat op borgtog vrygelaat is, is opdrag gegee om geen kontak te hê met die kinders wat in die sorg van ’n familielid geplaas is nie.

Chad bly in aanhouding weens ses klagte van kindermishandeling. Hy is ook weens die besit van kokaïen aangekla.

Bronne: dailymail.co.uk, metro.co.uk