Die pa van die vermoorde tiener Franziska Blöchliger het op Facebook aangekondig sy familie gaan die land verlaat ter wille van “innerlike vrede”.

[caption id="attachment_119769" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf/Instagram Foto: Verskaf/Instagram[/caption]

In sy Facebook-blad het Franziska se pa Florian geskryf: “Ons verlaat Suid-Afrika vir ’n ruk en hoop om innerlike vrede te vind. Ons is lief vir julle almal . . . Florian, Shireen en Sophia.”

Lees ook: Tokai-vier stel nuwe eise kort voor tweede hofverskyning

Florian sê die familie wil almal bedank wat hulle gedurende die afgelope paar weke ondersteun het.

Die gesin het aan News24 erken hulle het tyd nodig om hulle “koppe bymekaar te kry”.

“Ons het tyd nodig vir onsself. Ons het tyd nodig om vrede vir onsself te kry en om ons koppe bymekaar te kry. Ons gaan na die middel van nêrens,” sê hy

Die direkteur van die Constantia Waldorf se raad van trustees en die gesin se woordvoerder, Thomas Knemeyer, het aan News24 gesê die gesin het die wegbreek beplan voor Franziska vermoor is.

Lees ook: Grusame besonderhede oor Tokai-moord kom aan die lig

Hy sê die gesin is tevrede met hoe die polisie die ondersoek hanteer het en ook wat tot dusver in die hof gebeur het.

“Ons is gelukkig met hoe dinge tot dusver verloop het,” sê hy.

Die vier mans wat in verband met die 16-jarige Franziska se moord in hegtenis geneem is, word deur klagte van moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede in die gesig gestaar.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Man wat glo sê hy kan Oscar-moordsaak vir R250 000 laat ‘verdwyn’, gearresteer

Hartverskeurende einde vir plaaslike snuffelhond

Die storie agter dié foto sal jou hart breek

Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel