Maar toe maak bedink hulle ’n plan, en nou wil hulle gesinne soos hulle oral in Suid-Afrika help.

“Jaden Ashton Pothier is op 17 Julie 2013 as ’n gesonde, normale baba gebore. Ons was van die eerste dag af gelukkige ouers en is baie trots op ons bondeltjie sonskyn. Jaden het ons lewe vir altyd verander. Hy kon nog altyd ’n vertrek ophelder; hy glimlag eenvoudig vir almal van oor tot oor," vertel sy ouers.

"Die algemeenste ding wat mense sê, is: ‘Hy is so ’n gelukkige kind,’ en hy is regtig – behalwe natuurlik wanneer hy tande kry."

Tydens ’n gewone besoek aan ’n pediater het sy onverwags kommer oor sy ontwikkeling uitgespreek. "Sy het ons later daardie dag gebel en wou hê ons moes dadelik toetse op Jaden laat uitvoer. Voor ons ons kom kry, was ons by die hospitaal vir EEG’s en MRB’s en allerhande goed wat geen ouer hul baba wil sien deurmaak nie. “Toe hy maar nege maande oud was, is serebrale verlamming by Jaden gediagnoseer. Dit was ’n reuseskok en het groot druk op ons, ons verhouding en ons geldsake geplaas.

Die rekeninge om ’n kind met spesiale behoeftes te onderhou, het begin ophoop, selfs met ’n mediese fonds.

"My vrou, Megan, kon nie teruggaan werk toe nie en die uitgawes vir Jaden se toetse en spesiale behoeftes het die hoogte begin inskiet.

“Die rekeninge om ’n kind met spesiale behoeftes te onderhou, het begin ophoop, selfs met ’n mediese fonds. Staatstoelaes steun net mense wat minder as R2 850 per maand per huis verdien. Wat gebeur met gesinne wat gewoond is aan twee inkomstes en nou ’n kind met spesiale behoeftes het?

"As die ouers byvoorbeeld R7 000 elk verdien en R5 000 - R7 000 huur betaal en ’n spesiale behoefte word by hul kind gediagnoseer, sal hulle R7 000 oor hê om die hele gesin te onderhou. Die gesin sal nie na ’n veel goedkoper plek kan trek sonder om ’n omgewing binne te gaan waaraan hulle nie gewoond is nie.

"Jy kan net soveel op kos bespaar. Die feit is die gesin het R7 000 te min. Pleks van op R14 000 leef, moet hulle op R7 000 leef en hemelhoë uitgawes vir spesiale behoeftes bestuur. “Ná ’n ruk het ek en Megan die probleme bespreek waaronder ’n gesin in sulke situasies gebuk gaan. Dis kwaai op die gemoed, verstand en liggaam. Dit is hartverskeurend om uit te vind jou kind het spesiale behoeftes." Die gesin het vinnig geldelike uitdagings begin ervaar en kinders word vinnig groot.

Dit is hartverskeurend om uit te vind jou kind het spesiale behoeftes.

“Dis swaar om elke dag rond te dra en mee te werk. Die meeste kinders met spesiale behoeftes, soos Jaden, kan nie alleen gelaat word om te speel nie tensy hulle in die een of onder steunraam is. En ideaal gesproke moet iemand beweging aanmoedig wat ongewenste simptome beveg. Hy weeg nou meer as 14 kg – dis swaar.

“Tussen dit alles deur het ek en Megan die idee vir Hopeful Hearts gekry – ’n platform om alle gesinne met spesiale behoeftes te help. Die platform is ontwerp om goedere of dienste te help verkoop en skenkings namens die gesinne te ontvang.

"Pleks van net ’n webtuiste te skep om ons goed te verkoop, het ons dit so gemaak dat ander mense ook daar kan verkoop . . . gratis. Ons verstaan die gesinne sukkel reeds om kop bo water te hou; hoekom dan vir hulle geld vra?

“Van daar voeg ons forums, blogs en gemeenskapskletskamers by sodat mense aangemoedig en beraad kan word. Die hele konsep is daarop gerig om lewens te verander en internasionale dienste beskikbaarder te maak en plaaslik te vervaardig of aan te bied. Behandelings, toerustings, opleiding en steun is alles plaaslik.

“Die Hopeful Hearts-webtuiste bestaan nou al ’n ruk lank en ons kry reeds groot steun deur ons Facebook-blad. Om ’n beter begrip te kry van wat ons doen, kyk asseblief ons YouTube-video’s. As jy al drie video’s kyk (altesaam korter as 9 minute) sal jy ’n beter idee kry van die droom.”

Enige gesin met ’n kind met spesiale behoeftes wat goedere of dienste wil verkoop of skenkings wil ontvang, kan hier aansoek doen.

Vir ’n beter idee van waaroor Hopeful Hearts gaan, kan jy al drie video’s hier kyk.

Om uit te vind hoe jy Jaden en sy gesin kan help, klik hier.

Hierdie storie is deur een van ons lesers ingestuur. Dis effens geredigeer.

Het jy ’n treffende storie om te vertel? Of dit nou ’n ongelooflike prestasie is, ’n hartverskeurende struikelblok wat jy moes oorkom het of sommer net iets wat jou laat lag het – deel jou storie met ons en dit verskyn dalk in Huisgenoot of op ons webtuiste.

Klik hier om uit te vind hoe.