Die tweeling is waarskynlik aangerand toe hulle saam met hul ouers gedurende die Kersvakansie by hul pa se ouerhuis in Rayton was.

Die man en sy meisie is in Maart 2017 skuldig bevind dat hulle medepligtig was aan ’n poging tot moord en ernstige aanranding van die tweeling.

Drie van die vyf jaar sal onder korrektiewe toesig geskied

Maandag het regter Eben Jordaan in die Noord-Gautengse hoër hof ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar aan hulle opgelê. Drie van die vyf jaar sal onder korrektiewe toesig geskied.

Die tweeling staan net as Baba J en Baba M bekend.

Baba J was ongeveer twee maande oud toe hy op Kersdag 2012 na die hospitaal gehaas is omdat hy opgehou het om asem te haal. Die beserings wat hy egter tydens die aanranding opgedoen het, het hom met permanente breinskade gelaat.

Sy sussie, Baba M, het vier gekraakte ribbes gehad. Daar was ook tekens van vorige trauma op een van haar bene.

Dokters het bevind dat nie al hul beserings op dieselfde tyd plaasgevind het nie. Dr. Anita Groenewald wat Baba J destyds ondersoek het, het die saak by die polisie aangemeld.

Baba J sal nooit kan loop, staan, kruip of praat nie. Hy kan bloot net geluide maak

Mediese getuienis wat aangehoor is, het daarop gedui dat groot krag ingespan is toe die tweeling aangerand is. Baba J het benewens breinskade, ook kneusplekke gehad.

Twee dokters wat in September 2016 getuig het, het van die grusame besonderhede in die hof bekend gemaak. Hy het hale oor sy boude gehad wat vermoedelik deur ’n lyfband of ’n lat gemaak is.

Daar is aan die hof gesê dat Baba M ’n gelukkige, normale vierjarige is.

Baba J sal nooit kan loop, staan, kruip of praat nie. Hy kan bloot net geluide maak. Hy kan ook nie op sy eie eet of behoorlik sluk nie. Hy kan baie maklik verstik. Volgens sy oupa toon Baba J net twee emosies - hy huil wanneer hy honger of ongelukkig is, hy lag as hy gelukkig is.

Sy immuunstelsel bestaan feitlik glad nie en hy moet 24 uur per dag en 7 dae per week versorg word.

Daar is aan die hof gesê dat Baba M ’n gelukkige, normale vierjarige is.

Die tweeling is nou in die sorg van hul ouma aan hul ma se kant. Hul 26-jarige ma bly ook by hulle en sy is die primêre versorger vir Baba J.

Jordaan het aangedui dat die ma en tweeling ’n goeie verhouding het en dat sy Baba J se geluide verstaan.

Hulle het volgehou dat hulle geen idee het hoe die tweeling beseer is nie.


Die 28-jarige pa van die kinders werk voltyds en verskaf finansiële steun aan die kinders.

Jordaan het gesê die aanval op die tweeling was afgryslik, maar hy het hierdie faktore in gedagte gehou tydens vonnisoplegging.

Die staat het tronkstraf vir die ouerpaar versoek omdat nie een van die twee verantwoordelikheid aanvaar of berou getoon het vir die aanrandings nie. Hulle het volgehou dat hulle geen idee het hoe die tweeling beseer is nie.

Bronne: news24.com, iol.co.za