Kringtelevisie-beeldmateriaal van die voorval – wat Saterdag by ’n stasie in Melbourne plaasgevind het – wat op die Herald Sun se webtuiste gepubliseer is, wys hoe die stootwaentjie waarin die seun is van die platform rol nadat die ma buk om iets op te tel. Die vrou spring toe op die spoor terwyl bystanders inspring om te help. Een van die mans wat die vrou gehelp het, het aan 7 News vertel die vrou was blykbaar in skok.

Die Herald Sun het gesê die polisie is ontbied en het ontdek die kind se ouers is dronk. Die kleuter het geringe gesigsbeserings opgedoen, het die berig gelees.