Hulle weet die vlieënier op die doodsvlug sou alles in sy vermoë gedoen het om hul engeltjies te beskerm.

Bespreek vir Skouspel!

Tog het Andrew en Bronwyn Doak se twee dogters, Alexandra (10) en Maddison (7), saam met 11 ander mense in die twee Albatros-vliegongelukke naby Tzaneen gesterf.

Hul oom, die vlieënier Brian Gruar, was lief vir hul kinders, vertel die bedroefde ouers. “Alex en Maddy was soos sy eie kleinkinders en vir hulle was hy soos ’n oupa,” sê Bronwyn snikkend.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot gesels ons met die Doak-egpaar en wys ons stap-vir-stap hoe die tragedie ontvou het. Ons deel ook een van die laaste foto’s wat van die twee dogtertjies in die Albators-vliegtuig geneem is.

Lees meer in die Huisgenoot van 25 Augustus.

Volg Huisgenoot op Twitter.