Ashya King se ouers het hom Donderdag sonder dokter se toestemming uit ’n hospitaal in Southampton, Engeland, verwyder en het dieselfde dag op ’n veerboot na die Franse hawestad Cherbourg geklim, het ’n polisiewoordvoerder gesê. Die woordvoerder het gesê die seun se lewe is in “aansienlik gevaar” omdat hy ná ’n operasie konstante mediese sorg benodig. Hy het bygevoeg die seun is waarskynlik in ’n rolstoel of bokkie omdat hy nie kan beweeg nie. “Ons werk met ons eweknieë in Frankryk om hul waarskuwingsprosedures vir kinderreddings te aktiveer,” het hy gesê.

Ashya se broer Naveed King beskryf homself op sy Instagram-profiel as ’n Jehova se getuie.

Jehova se getuies weier bloedoortappings om geloofsredes, maar is oop vir ander mediese prosedures.

Dit is onduidelik hoekom Ashya se ouers hom verwyder het.

- Sapa