Met ingang Januarie 2016 gaan ouers slegs 30 dae het om pasgeborenes te registreer. Mense wat dit nie doen nie, loop die risiko dat hul kinders nie as Suid-Afrikaanse burgers erken sal word nie.

Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigana, het vandeesweek aangekondig dat sy departement alle laat registrasies teen einde Desember 2015 wil stopsit.

As ouers die spertyd mis, gaan ongeregistreerde kinders nie belangrike dokumente soos geboortesertifikate en identiteitsdokumente kan kry nie. Alle burgers het dié dokumente nodig vir toegang tot openbare dienste.

Om ’n geboorte te registreer moet ’n ouer of wettige voog ’n BI-24-vorm voltooi en inhandig by die naaste kantoor van die departement van binnelandse sake.

’n Verkorte geboortesertifikaat word dan gratis uitgereik.

- Shané Barnard

Bronne: news24.com, dha.gov.za