Silvia Strnadova (26) en haar man, Miroslav (30), het kort daarna met hul bewustelose babatjie hospitaal toe gejaag, berig The Daily Mail.

Die egpaar woon in Prievidza, ’n stad in Slowakye in Middel-Europa.

Hulle is kort ná die voorval weens kinderverwaarlosing in hegtenis geneem nadat hopsitaalpersoneel vasgestel het die ouers het die baba ’n hoë dosis van ’n sterk dwelmmiddel ingegee.

Die klag kan nog verander na moord.

“Hulle het by die hospitaal aangekom met die bewustelose babatjie in ’n stootwaentjie en het daarop aangedring om ’n dokter te sien. Nadat ons toetse op die babatjie uitgevoer het, was dit duidelik die kind was in ’n kritieke toestand en hoogs bedwelmd,” sê die hospitaalwoordvoerder.

Dr. Anna Moracikova het gesê die baba se brein was ernstig beskadig en die kind was klinies dood toe hulle daar aankom.

Vriende van die egpaar was geskok om die nuus te hoor, maar beweer Silvia en Miroslav gebruik gereeld dwelms.

Jana Trznikova (36), ’n buurvrou, sê Silvia het ook twee kinders by ander mans.

“Daar het gereeld eienaardige mense by hul woonstel gekom. Ek was altyd bekommerd dat my kinders daar naby speel, want jy weet nooit wat kan gebeur nie.

“Miroslav het ’n reputasie hier rond vir die ou wat die beste tik kan kook. Hy is ook baie aggressief en kort van draad,” het Jana gesê.

Die omstrede dwelm tik het berug geword deur die bekende Amerikaanse drama Breaking Bad.

Dit skep ’n euforiese gevoel en is bekend om sy vinnige uitwerking. Dié hoogs verslawende dwelm het ook talle nadelige newe-effekte en kan gebruikers dae aaneen wakker hou.

• Die geslag van die baba is onbekend.

Bron: Daily Mail (www.dailymail.co.uk)

Deur Joanie Bergh