’n Sesjarige van Missouri in Amerika is in beskermende bewaring geplaas nadat hy gered is van wat ’n nagebootse ontvoering blyk te gewees het. Volgens die polisie wou die seun se gesin hom ’n les leer omdat hy na bewering te vriendelik met vreemdelinge is.

Die seun se ma, ouma en tante en ’n kollega van die tante het vir ondersoekers gesê hulle wou hom net ’n les leer en voel hulle het niks verkeerd gedoen nie, volgens ’n persverklaring wat die polisie uitgereik het.

Die seun is glo buite sy skoolbus tot in ’n paneelwa gelok en met ’n vuurwapen gedreig. Daar is vir hom gesê hy sal nooit weer sy ma sien nie. Hy is ook na ’n kelder geneem waar sy broek uitgertrek is en daar vir hom gesê is hy sal as ’n seksslaaf verkoop word.

Sy hande en voete is ook blykbaar met plastieksakke vasgebind en sy kop met ’n baadjie bedek sodat hy nie kon sien nie.

Die beproewing het ongeveer vier uur geduur en, nadat hy vrygelaat is, is die seun met die trap laat opgaan waar ’n preek oor vreemdelingegevaar vir hom afgesteek is, lui die polisieverklaring.

Die vier mense wat by die voorval betrokke was, is van ontvoering en ander oortredings aangekla. Die seun is glo in beskermende bewaring nadat hy van sy onderwysers in sy vertroue geneem het oor die beproewing wat hy verduur het.

Bronne: CNN.com, www.stltoday.com, www.nbc.news.com,