’n Ouerpaar is gister in die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind dat hulle ’n tienjarige Suid-Afrikaanse sportster mishandel het om op sportgebied te presteer, berig Volksblad.

Prestasie op die sportveld tel nie meer vir hulle nie, sê die ma en stiefpa, van die kind wat voorheen in die Laer Meisieskool Oranje in Bloemfontein was.

Hulle is gister in ’n pleit-en-vonnisooreenkoms deur streeklanddros Jan Greyvenstein elk tot een jaar korrektiewe toesig gevonnis op ’n klag van kindermishandeling. Hulle moet ook elk 192 uur gemeenskapsdiens doen.

’n Verdere een jaar tronkstraf of boete van R6?000 op dié aanklag is voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort.

Volgens Volksblad is die 39-jarige ma ook tot nog een jaar tronkstraf of ’n boete van R6?000 gevonnis op ’n aanklag van aanranding omdat sy haar dogtertjie se hand met ’n stuk teel in ’n badkamer by die skool raakgeslaan het dat die kind steke in ’n hospitaal moes kry. Dié vonnis is voorwaardelik vir drie jaar opgeskort.

LEES MEER HIER

Bron: Volksblad.com