Retief Liebenberg, die man wat Poena Visser (19) en dié se pa, Dewald Visser (47), in Oktober 2013 doodgeskiet het, is vanoggend onskuldig bevind aan moord, berig Netwerk24.

Liebenberg se dogter, Chevonne, was ten tyde van die skietdood 20 en in 'n verhouding met Poena. Liebenberg het die pa en seun glo uit selfverdediging geskiet nadat 'n onderonsie by hul woonplek in Benoni uitgebreek het.

Liebenberg het in die hof getuig hy het "vir Chevonne gesê sy’s deurmekaar met die verkeerde mense", het Netwerk24 ook vroeër berig.

Besoek Netwerk24 vir meer inligting.

Lees ook op Netwerk24:

Moordenaar vra familie vergifnis.

IS: Wat jy alles moet weet

Eddie Jones los Stormers straks vir Engelse pos