’n Ouer het die polisie gebel omdat sy kind nie wou ophou Xbox speel nie.

Die bisarre telefoonoproep was een van ’n aantal oproepe die afgelope jaar na die nooddiens in Noord-Wallis, waar daar geen werklike krisis was nie. Nog iemand het 999 uit frustrasie gebel omdat hy iets wou koop maar nie ’n besteldiens in die hande kon kry nie. En dan was daar die partytjieganger wat om hulp gebel het omdat sy een van haar spykerhakke verloor het.

Die Walliese nooddiens het in die afgelope jaar meer as ’n halfmiljoen telefoonoproepe ontvang. Daarvan is net 225 000 op band opgeneem en net 46 000 was in verband met misdaad.