Guinness World Records het Dinsdag bevestig dat Peter Weber jr. nou in die rekordboeke opgeneem gaan word nadat hy op 30 Maart op die ouderdom van 94 jaar 4 maande en 23 dae oud ’n vlug onderneem het.

Peter is die eerste persoon in ’n nuwe kategorie genaamd “oudste vlieënier wat steeds gelisensieerd is en alleen vlieg”. In 2007 is Cole Kugel van die Amerikaanse deelstaat Colorado aangeteken as die oudste vlieënier toe hy op 105 ’n vlug onderneem. Maar hy het nie ’n lisensie gehad nie.

Peter is ’n oudstryder van die lugmag en is al 72 jaar lank ’n vlieënier. Hy sê hy vlieg nog graag minstens twee maal per maand.

Bronne: Twitter, Yahoo News, sacbee.com