Ons is bly om te sien Min Shaw kan nog daai lyf swaai soos in die ou dae!

Sy het onlangs haar eerste CD in 15 jaar, God Is My Stem, vrygestel waarvan die liedjies deur Lieflinge se Rudi Claase gekomponeer is.

Sy en ‘n rits ou bekendes, onder andere Richard van der Westhuizen, Lochnder de Kock, Gert van Tonder, Clive Bruce, Manie Bodenstein en Des & Dawn Lindburg was op Sondag 14 Augustus by Hillfox in Roodepoort op die verhoog te sien in ‘n huldeblyk vir Al Debbo.

Al se kinders was ook daar en het dié konsert baie waardeer. Deesdae hou Min haar met bedieningswerk besig, vertel sy.

“Ek begin September weer met vertonings landwyd.”

Volg Huisgenoot op Twitter.