Van links: AJ Venter, Salim Karsa (van Heartlands Foods), Warren Brosnihan, Percy Montgomery en Stefan Terblanche.

’n Groep klimmers, met oud-Bokke AJ Venter, Stefan Terblanche, Warren Brosnihan en Percy Montgomery onder hulle, het dié tog in Junie aangepak.

Om bo-op die piek te staan was ’n ongelooflike ervaring, sê AJ. “Maar die wyse warop ons span vreemdelinge so ’n hegte eenheid geword het oor die 7 dae was definitief my hoogtepunt. Dit is iets wat mens gedeel het wat niemand anders sal verstaan nie.”

En dit is alles vir ’n goeie doel! Die groep samel geld in vir Joint Aid Management (JAM), ’n nie-winsgewende organisasie wat fokus op volhoubare ontwikkeling in Afrika. Meer as 700 000 kinders vind tans baat by JAM se voedingsprogram. Elke R360 wat ingesamel word, gee ’n kind vir ’n hele jaar kos. Conquerkili se doelwit is om R1 miljoen in te samel. Volgens die groep se webblad, staan die totaal tans op R355 000 waarmee 986 kinders gevoer kan word.

Jy kan ook help! Gaan na www.conquerkili.com om ’n bydrae te maak.