Deesdae is hy die hoofbeampte van die Haaie in KwaZulu-Natal.

[caption id="attachment_118214" align="alignleft" width="600"]Dis nie net op die veld waar John Smit die grotes uitgehaak het nie. Deesdae is hy ook 'n kranige waterponie-hengelaar. Foto: quickpic.co.za Dis nie net op die veld waar John Smit die grotes uitgehaak het nie. Deesdae is hy ook 'n kranige waterponie-hengelaar. Foto: quickpic.co.za[/caption]

Dis natuurlik John Smit, die Springbokke se vyftigste kaptein. Terselfdertyd ook die man wat die span die meeste kere as kaptein (83 keer) en as haker (96 keer) op die veld gevoer en bygestaan het.

Van stilsit wil hy niks weet nie. Toe hy in 2015 weer aan die rateltaai Cape Epic-uithoufietsren deelneem, het hy dit as uitmergelender as ’n toetswedstryd beskryf. “ ’n Toetswedstryd is 80 minute van harde, fisieke pyn. Hierdie is pyn uitgerek oor agt dae, so dis bekend – maar langer.” Maar hoe het hy op fietsry besluit? “Jy moet iets doen. Ek het toe ek (in 2011) aftree vir sowat twee maande opgehou en dit was die slegste ding ooit. Toe het ek ’n fiets gevind, fiks geword en nou soek ek taai goed om te doen.”

Lees ook: Skok wag op fietsdiewe

Deesdae is die kans goed dat jy John op ’n andersoortige “fiets” sal vind, een wat hy as “die superfiets van die golwe” beskryf.

Dan besef jy die man is so aanpasbaar soos ’n verkleurmannetjie. As dit nie rugby, berge en dale met fietse en talle ander aktiwiteite is nie, is hy boonop baie tuis op die water.

Lees ook: Slegte nuus vir Derick Hougaard

Hy’s deesdae ook ’n waterponiehengelaar. Dié sportsoort is nie onbekend in Nieu-Seeland, Australië en Amerika nie, en plaaslik begin dit ook nou gewild raak.

“Aangesien John dit so geniet, het ons besluit om hom van ’n SeaDoo* te voorsien om die nuwe sport te beoefen waarvoor hy so lief is,” sê Fred Fensham, hoofbestuurder by CMH Marine and Leisure.

John geniet dit om die waterponie rond te slinger wanneer hy in die golwe by Aliwal Shoal, die Durbanse Skibootklub of strande soos Umhloti gaan hengel of net vir die pret ry.

“Dit is vir iemand soos ek, wat nou eers begin leer het om van ’n waterponie af te hengel, belangrik om elke moontlike voordeel tot sy beskikking te hê,” sê hy, en voeg by dat hy vang en loslaat, maar elke dan en wan een vir die pan hou.

John Smit-wyshede

“Die verskil tussen goed en groot is dat mense wat ‘goed’ is, ongelooflike idees het, maar dit nie in werklikheid kan omskep nie. Grootheid gebeur wanneer groot gedagtes en idees omskep word in iets wat gebeur.”

“Wees eerlik in alles wat jy aanpak; dit maak die lewe makliker.”

“Die beste raad wat ek al ontvang het, is dat dit regtig gaaf is om belangrik te wees, maar dis baie belangriker om gaaf te wees.”

*Die SeaDoo GTI Limited 155 beskik oor ’n toersitplek vir langer tye op die water, ’n hoëverrigting-houdingverstelling en spoedbeheer. Dit het ook ’n unieke veiligheidstelsel en is die enigste watertuig met IBR (intelligente remstelsel).

Bronne: bbc.co.uk, sport24.co.za, topbilling.co.za, bicycling,co.za, quickpic.co.za, supersport.com, thelegacyproject.co.za

– Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ander stories op Huisgenoot.com:

Wen! Drie nagte in die Magoebaskloof Hotel

Minister van geluk streef na glimlagte

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Wil jy die versoeking weerstaan? Plaas dan bederfies naby die minder dominante hand

Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?