Kort voor sy 39ste verjaardag (11 Mei) het Victor Matfield sy uittrede uit die sport aangekondig. Hy het die afgelope Saterdag sy laaste wedstryd vir die Northampton Saints gespeel. Kyk wie was saam met Victor en sy span op die bus.

Jim Mallinder, die Northampton Saints se direkteur, het in ’n onderhoud met The Guardian gesê dat Victor fantasties vir hulle was.
“Hy het nie hierheen gekom om vir 32 keer 80 minute op die veld te speel nie, maar om deel van die span te wees. Hy het ’n massiewe rol vir ons vertolk.”
Victor het die laaste 22 minute van die wedstryd op die veld gegaan en die Saints gehelp om beheer oor die wedstryd te behou. Hulle het Gloucester 28-20 geklop. Victor het diep spore op die Suid-Afrikaanse rugbyveld getrap, nie net as onder meer kaptein van die Blou Bulle nie, maar ook as Bokkaptein.

Hy word allerweë as een van die beste slotte ter wêreld beskou en het veral saam met Bakkies Botha ’n gedugte duo gevorm.

Victor word deur sommige as die heerser van lynstane bestempel.

Victor het in 2011 na die Wêreldbeker uitgetree en daarna selfs ’n draai agter die mikrofoon vir SuperSport gemaak.

Maar die roepstem van rugby was te sterk en in 2014 maak hy weer sy verskyning vir die Bulle, en weldra draf hy ook weer uit in die Groen en Goud tydens die Wêreldbeker van 2015. Dié was terloops sy derde verskyning in drie Wêreldbekerreekse.

Met 126 internasionale wedstryde reeds agter sy naam, waarvan 133 as ’n Springbok, lei hy die Springbokke as kaptein op die veld teen Argentinië in die stryd om die brons medalje van die reeks.
Tydens ’n onderhoud met die Daily Mail beskryf Victor die brutale wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op Twickenham as een van sy beste rugby-oomblikke ooit.
En die pad vorentoe vir Victor?

Bronne: sarugby.co.za, news24.com, mailonline.co.uk, guardian.co.uk, sport24.co.za

Ook op Huisgenoot.com:

Steve Carell deel hartseer nuus op Moedersdag

Eerste reusepanda vir 2016 in aanhouding gebore en vermurwe harte wêreldwyd

Hier is die geheim om gewig meer effektief af te skud en boonop af te hou

Dié nege mense is vas oortuig hulle is deur ruimtewesens ontvoer

Ouers, só kan jy ’n liefde vir lees by jou kind help ontwikkel