AAN die ander kant van die langafstand-telefoonlyn soek Antonie Claassen die regte woorde om sy gevoel te beskryf toe hy hoor hy is vir die Franse rugbyspan gekies.

Nee, dis nie omdat die jong Suid-Afrikaner skoon sprakeloos van vreugde is nie, maar omdat die Franse uitdrukking eerste by hom opkom. “Cerise sur le gâteau,” mompel hy.

Die oud-Bokkaptein Wynand Claassen se enigste seun is so tuis in sy aangenome vaderland dat hy selfs in Frans dink. “O ja!” roep hy skielik uit. “Die frase wat ek soek, is: Dit is die kersie op die koek!”

Lees Sulaiman Philip se storie in die 7 Maart-uitgawe van Huisgenoot.