[caption id="attachment_161151" align="alignnone" width="606"]James Dalton van 1995 Bok-faam in sy nommer 2-trui tydens 'n toets teen Kanada. Foto: Gallo Images James Dalton van 1995 Bok-faam in sy nommer 2-trui tydens 'n toets teen Kanada. Foto: Gallo Images[/caption]

Die uitgetrede rugbyspeler het Maandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte wat aanranding insluit.

Die saak is tot 3 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Voor sy verskyning in die beskuldigdebank het James aan News24 “iets is nie lekker” aan sy inhegtenisname nie.

Hy sê hy het Donderdagaand buite Jerry's Burger Bar in Seepunt stilgehou. Hy het met die eienaar buite die restaurant gesels toe ’n ongemerkte motor en ’n vangwa langs hom stilhou.

Die polisieman het blykbaar vir hom gesê die man in die ander voertuig beskuldig hom daarvan dat hy teen sy motor gestamp en toe weggery het.

“Ek het vir hom gesê ek het die man nog nooit tevore gesien nie en hy kan om my motor stap en kyk of daar enige skade is.”

James was in ’n nuwe BMW 420. Die bestuurder van die ander motor het glo toegegee sy motor is nie beskadig nie en weggery.

James sê ’n argument het tussen hom en die polisiebeampte ontstaan. “Dit het buite beheer geraak” en die beampte het gesê hy moet hom na ’n polisiekantoor vergesel.

Hy het gewillig agter in die vangwa geklim en was heeltemal nugter, beweer James.

James sê hy was by die polisiekantoor “ ’n bietjie vyandig, maar terseldertyd hulle ook”.

Hy is by die Seepunt-polisiekantoor aangehou waar hy vir ’n sersant gesê het sy “tree ’n bietjie soos ’n feeks op”. Sy het na bewering vir hom gesê sy “vrou is ’n f*kk*n feeks”.

Hy sê die beamptes “het aangehou in my persoonlike ruimte kom”. Toe ’n beampte sy arm gryp, het hy dit weggetrek. James sê hy is die geleentheid geweier om ’n foonoproep te maak en was verplig om te “smeek”. Hy was twee nagte in aanhouding.

Fotogeleentheid

Toe die situasie “eindelik neutraliseer”, het hy vir die beamptes geld gegee om vir hom ’n Cream Soda en ’n pakkie Wine Gums te koop, sê James.

Hulle het gesels en blykbaar ’n paar foto’s saam met hom geneem. Hy is om tweeuur Sondagmiddag met ’n waarskuwing vrygelaat.

James sê dit is vir hom vreemd dat nie hy of die ander man na die polisiekantoor gestuur is om ’n ongelukverklaring af te lê nie. Hy hou vol daar was geen ongeluk nie.

“Dit is uit verband geruk. Totaal versin,” voer James aan.

Geen misdaad is gepleeg nie. Daar was ’n vurige argument waar “nie een van die partye onskuldig was nie”.

Die polisiewoordvoerder konst. Noloyiso Rwexana sê ’n 44-jarige man, wat sy nie as James identifiseer nie, is vir aanranding, intimidasie en verset teen inhegtenisneming gearresteer.

James sê hy daar is vir hom gesê hy is vir crimen injuria en gewone aanranding in hegtenis geneem. Hy ontken enige intimidasie en voeg by hy is met ’n lengte van 1,74 m en ’n gewig van 94 kg “nouliks ’n groot man”.

Bron: News24