So ’n tragedie het die rugbyspeler Flip van der Merwe ook onlangs getref. Maar die voormalige Blou Bul en Springbok wat deesdae in Frankryk woon en daar klubrugby speel, het sommer self ’n plan beraam.

Flip het Maandag ’n foto op Instagram gedeel waar hy ’n bietjie spog oor hoe hy sy selfoon self reggemaak het nadat die voorkant erg beskadig is. “My innerlike bleeksiel is tevrede!” het hy by die foto geskryf. “Nie sleg vir ’n Sondagaand nie. Ek reken selfs my vriende by iFix en Houdt sou nou trots gewees het.” Lees ook: Beskerm só jou oë teen die gevare van selfoon- en rekenaarskerms

Inner nerd satisfied! Not bad for a Sunday evening, reckon even my boys at @ifix and @houdt would be proud now!! ????

A photo posted by flipvandermerwe (@flipvandermerwe) on

“Nadat ek gelukkig genoeg was om dit deur my hele lewe te maak sonder om ’n skerm te breek, het my foon tydens ’n ete van die tafel afgegly,” sê Flip. Hy sê die foon het die vloer op so ’n manier getref dat die skerm gekraak het.

“Ek was aanvanklik nie veel gepla oor die skerm nie, maar my OCD (obsessiewe kompulsiewe steuring) het ná ’n week of wat ’n bietjie oorgeneem.”

Flip het op die internet gaan naslaan oor wat ’n mens moet doen as jy jou skerm self wil herstel. Hy sê hy het ook na YouTube-video’s van die prosedure gekyk. Hy het aanlyn ’n volledige stelletjie gekoop met ’n nuwe skerm en die nodige gereedskap om die skerm te herstel.

“Ek is gelukkig om ’n baie goeie verhouding met iFix in Suid Afrika te hê en het gewoonlik nie twee keer gedink om my foon in hul bekwame hande te los nie. My nuuskierigheid en die feit dat ek in Europa sit, het my genoop om ondersoek in te stel,” sê hy.

Lees ook: Namibiese skoolseun maak selfoon wat nie lugtyd benodig

“Ek was verbaas oor hoe maklik dit eintlik is.”

Flip meen ’n mens het wel baie geduld nodig as jy so ’n herstelprojek wil aanpak.

“Ek is nie baie tegnies aangelê nie en my groot hande was soms lomp met die fyn werk, maar as ’n mens die instruksies mooi volg en nogmaals geduld toepas, kan enigiemand dit doen.”

*’n Stel met ’n nuwe skerm vir ’n iPhone 6, gereedskap en ’n klein handleiding kos sowat R900 op die webblad bidorbuy.co.za. Maar belangrik – hou in gedagte dat enige herstelwerk deur ’n derde party jou foon se waarborg ongeldig sal maak. Huisgenoot aanvaar geen verantwoordelikheid vir selfone wat deur ongemagtigde mense oopgemaak word nie. Doen dit op eie risiko!