Die geliefde Connie is Maandagaand weer terug in Hillside! Quinne Brown-Huffman, wat dié geliefde karakter vertolk, keer na ’n dekade weer terug na ons kassie in dié gewilde rol. “Ons is baie opgewonde om een van ons gunsteling-karakters terug in die Laan te hê,” sê Rosa-Mari Erasmus, publisiteitsbeampte van 7de Laan.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on

Tien jaar is verby sedert ons Connie laas tussen Hillside en sy mense gesien het. Rosa-Mari sê kykers sal moet sien hoe die verwikkelinge oor wat alles die afgelope jare in haar lewe gebeur het, ontvou.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on
“Vanaand is sy net terug in Hillside. Van môreaand sal mense sien hoe die storie oor die afgelope dekade ontvou,” sê sy.
Quinne, wat kykers se harte gesteel het as die kelnerin Connie van der Lecq, het self onlangs in ‘n onderhoud vertel hoe opgewonde sy is om weer in dié karakter se skoene te klim.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on

“Sy het grootgeword,” het sy aan sarie.com vertel. “Die nuwe Connie is baie meer volwasse en wêreldwys. Sy is steeds onskuldig. Maar nie meer naïef nie.” Connie se eerste episode is in Februarie 2000 uitgesaai. Sedertdien het dié borrelende kelnerin ‘n gunsteling onder kykers geword. Connie en haar destydse liefie Bart (Neil Sandilands) was destyds die Paula en Altus in 7de Laan.
Dis juis danksy Connie dat kykers aanvanklik vir Paula van der Lecq (Diaan Lawrenson) in die Laan ontmoet het. Paula het destyds in Hillside opgedaag en werk gekry by Oppiekoffie met die hulp van haar niggie, Connie.

Quinne het in 2004 die sepie verlaat en byna 10 jaar in Amerika gebly. Sy en haar gesin het onlangs teruggekeer Suid-Afrika toe.

“Ek wou terugkom SA toe,” het Quinne aan sarie.com vertel. “Ek het 7de Laan laat weet. En hulle het toe gesê hulle sal graag vir Connie wil terugbring. In Januarie het ek teruggekom huis toe, vir house hunting en skole gesoek. En ook vir 7de Laan laat weet. Toe ek weer terug is Amerika toe om ons goed te gaan oppak, het ons onderhandel, sommer so oor die waters.”

En nou is Connie weer terug in die Laan! Ons kan nie wag om te sien wat haar storielyn inhou nie!