Dan het jy nou die kans om die akteur Pierre van Pletzen, wat vir 17 jaar lank lewe aan die karakter gegee het, se huis in die ooste van Pretoria joune te maak.

Hy en sy vrou, die aktrise en draaiboekskrywer Sandra Vaughn, woon sedert 1999 in die huis.   

Sandra het ’n foto van hul hoofslaapkamer, met groot deure wat uitloop op die tuin, getwiet met die woorde: “Oubaas se huis, dalk jou paleis”.

Die vervaardigers van 7de Laan het onlangs besluit om die Oubaas-karakter vaarwel toe te roep en Pierre se kontrak is nie weer hernu nie. Met die verlies aan inkomste het hulle geen ander keuse as om die huis te verkoop nie, verduidelik Pierre aan Huisgenoot.

“Maar ons sit nie in sak en as nie. Ons is nou net in die situasie waar ons dringend alle uitgawes moet sny,” sê Pierre.

Sandra sê hulle voel baie rustig hieroor.