Carl, broer van die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius, is bekend daarvoor dat hy betreklik aktief is op sosiale media, spesifiek Twitter.

Lees ook: Reeva Steenkamp se niggie kap Oscar Pistorius oor hy TV-onderhoud toestaan

Dinsdagaand het hy op daardie platform ’n foto gedeel van Oscar, oënskynlik aan die slaap op ’n rusbank, omring deur familielede.

Carl het die oomblik soos volg beskryf: “Emosioneel uitgeput ná ’n dag in die hof, @OscarPistorius raak aan die slaap langs sy pleegseun, kleinniggie en -nefie.” Op die agtergrond, tussen ruikers en kunswerke, is stapels boeke te sien.

Lees ook: ‘Verpletterde’ Carl Pistorius maak hart oop oor Oscar se appèl-uitslag

Die foto het ’n stortvloed van kommentaar uitgelok – en dit wissel hoofsaaklik van lof vir Carl oor hoe hy Oscar ondersteun tot woedende aanvalle waar die foto as ’n soeke na simpatie uitgekryt word.

Bronne: 2oceansvibe.com, timeslive.co.za, Twitter

[caption id="attachment_128931" align="aligncenter" width="648"]Foto deur Carl Pistorius op Twitter gedeel. Foto deur Carl Pistorius op Twitter gedeel.[/caption]

In ’n onderhoud met itv het Carl die getuiens van Barry Steenkamp Dinsdag as vernietigend bestempel.