Die Hollywood-akteur wys gereeld hoofstroomrolle van die hand en oes lof in vir rolprente soos The Pianist en The Grand Budapest Hotel.

Hy het ook onlangs sy eerste kunsuitstalling bekend gestel met die titel Hotdogs, Hamburgers and Handguns. Deesdae leef Adrien graag sy kunssinnige kant uit, maar as ’n jeugdige was dit ’n ander storie. “In my tienerjare was ek baie sensitief,” het hy aan die tydskrif Details gesê. “Baie kreatief en baie verbeeldingryk, en ek het nie baie eendersdenkende vriende gehad nie. As kind het ek my ’n bietjie dom gehou en aangepas. En ek is die uitsondering. As ’n man is ek nie bang vir dit nie nie, maar ek dink in my tienerjare was dit baie vreesaanjaend om uit te staan.”

As tieners word ons aangedryf deur hormoonwisselings en ons is wilspelturig

Die feit dat Adrien in die 1980’s en 1990’s in Queens grootgeword het, het ook ’n invloed op die 42-jarige se persoonlikheid gehad. Die buurt in New York was ’n “gewelddadige samelewing” en hy het hom tot mense gewend by wie hy veilig voel.

“New York was gewelddadiger as wat dit vandag is,” het hy vertel. “Toe omring ek my met vriende wat my sal beskerm, wat my deel van ’n eenheid sal maak en my bemagtig. Dit is mos baie algemeen in jong seuns se lewe? Dit het my dus ongevoelig gemaak, maar ek kan dit nie afskud nie. As ’n volwassene probeer ek meer rasioneel wees en meer gelei deur ’n rasionele verstand as deur my emosionele kant, maar in adolessensie word ons baie meer emosioneel gelei. Ons word aangedryf deur hormoonwisselings – beide jong mans en vroue – en ons is wilspelturig.”

Soos uit die tentoonstelling se titel afgelei kan word, is Adrien se kunswerk vol kitskosstukke en gewelddadiger skilderye met vuurwapens besaai.

© Cover Media