Brasiliaanse Olimpiese en Paralimpiese organiseerders sê Oscar Pistorius is welkom om deel te neem aan die ?2016 Spele in Rio de Janeiro, indien hy kwalifiseer.

Ocar het verlede week 'n vonnis van vyf jaar begin uitdien weens die skietdood van Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013, maar hy kan al ná net 10 maande vrygelaat geword.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) dring egter daarop aan dat hy vir die ?volle tydperk van sy vonnis van vyf jaar tronkstraf nie toegelaat word om deel te neem nie.

"Dit is nie vir ons om hom te oordeel nie, hy sal soos enige iemand anders in Brasilië verwelkom word," het Rio-woordvoerder, Mario Andrada, gesê.

"Al die atlete is welkom, dit is die gees van die Spele."

- Sapa