WAARSKUWING - GRAFIESE INHOUD Die foto onderaan hierdie artikel is nie vir sensitiewe kykers nie.

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius gaan na verwagting Donderdag weer in die hooggeregshof in Pretoria onder kruisverhoor geneem word.

Die staatsaanklaer Gerrie Nel gaan na verwagting sy kruisondervraging van Oscar Pistorius voortsit.

Die atleet staan tereg weens die moord van sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp.

Gerrie het Oscar Woensdag tot trane gedryf toe hy hom vra om verantwoordelikheid te aanvaar vir Reeva se skietdood.

Gerrie het foto’s van die skietwonde in Reeva se kop op die skerms in die hof gewys en het Oscar gevra om daarna te kyk.

“Jy het iemand doodgemaak; jy het Reeva Steenkamp doodgemaak. Sê: ‘Ek het haar doodgeskiet,’ ” het Gerrie gesê.

“Aanvaar verantwoordelik vir dit wat jy gedoen het. Ek weet jy wil dit nie sien nie, maar kyk na die foto.”

Oscar het huilend beswaar gemaak: “Ek onthou dit... Ek het aan haar kop gevat, ek hoef nie na ’n foto te kyk nie.”

Gerrie het vooraf Reeva se ma, June, gewaarsku dat die foto in die hof gewys gaan word en sy het glo haar toestemming daarvoor gegeeg.

-Sapa

Die omstrede foto:

[caption id="attachment_72354" align="alignnone" width="600"]Die foto is tydens die hofverrigtinge op skerms gewys en ook op TV uitgesaai. (Foto: youtube.com/user/sabcdigitalnews) Die foto is tydens die hofverrigtinge op skerms gewys en ook op TV uitgesaai. (Foto: youtube.com/user/sabcdigitalnews)[/caption]