Dr. Denise Björkman, ’n plaaslike lyftaal- en gedragskenner, ontleed al langer as 30 jaar groot terrorisme- en misdaadsake en die massamedia het haar al gebruik om verkiesings en kandidate in Brittanje en Amerika te ontleed. Sy ontleed die aanklaer, Gerrie Nel, en die verdediging, Barry Roux, se lyftaal

Die aanklaer, Gerrie Nel

[caption id="attachment_69384" align="alignnone" width="600"]Gerrie Nel (Foto: Sapa/Antoine de Ras/ Independent Newspapers) Gerrie Nel (Foto: Sapa/Antoine de Ras/ Independent Newspapers)[/caption]

Gerrie Nel het drie uur voor die aanvang van verrigtinge opgedaag, wat wys hy is uiters paraat. Hy is onpretensieus en baie gefokus; dit sien ’n mens wanneer hy vorentoe leun: Hy lyk na ’n roofdier wat op ’n swak slagoffer wil toeslaan.

Die prominente lyne om sy mond, die nasolabiale voue, is ’n teken van intense konsentrasie; onoplettende mense verloor daardie lyne.

Hy het ’n sterk kakebeen. Sy oë flikker wanneer hy belangrike detail oplet, en sy liggaamshouding en spanningsvlak dui daarop dat hy altyd paraat is.

Gerrie beweeg vinnig en doelgerig: Die spoed van sy bewegings gee te kenne dat sy verstand ewe rats en wakker is. Hy het ook geen geduld met domheid nie.

Gerrie praat vinnig en gebruik baie plofklanke wanneer hy praat, en dit beteken dat hy nie tyd het vir speletjies nie.

Hy plaas die klem op die beheer van die ruimte om hom en klanke wat gemaak word deur uit te asem. Dit staan teenoor swakker aanbieders, wat te veel sibulante klanke (sisklanke) gebruik.

Hy staan met arms gevou terwyl hy die aanklagte voorlees; dit dui op ’n gereedheid vir aksie.

Die praatstyl van die verdediging en die staat verskil breed. Die staat is sterk, praat hard, toon beheerste aggressie en is doelgerig en in beheer.

Die verdediging neig na ’n amper liriese en emosionele styl, dalk opsetlik so om die regter se siening van hulle te versag en die stemming in die hof te beïnvloed. Met sy eerste getuie het Gerrie sy stem sagter gemaak om dit minder dreigend te laat klink. Dit is ’n goeie benadering met iemand wat dalk die hof as intimiderend ervaar; dit kan hulle ook (waar nodig) meer detail help gee. Dit help die getuie ook gemakliker op die getuiebank voel. Barry Roux, die verdediging

[caption id="attachment_69386" align="alignnone" width="600"]Barry Roux (Foto: Sapa/Werner Beukes) Barry Roux (Foto: Sapa/Werner Beukes)[/caption]

Die vorm van Barry Roux se kakebeen stel voor dat hy geoefen is in aggressiewe kruisondervraging. Die manlike hormoon testosteroon is gewoonlik verantwoordelik vir ’n hoogs gedefinieerde kakebeen by jonger mans en sportmanne.

Ouer mans se kakebeen kan, ten spyte van ’n losser vel, steeds aggressief voorkom. Nóg sy mond nóg sy liggaam is ontspanne. Hy maak meer gebruik van handgebare om sy gedagtes oor te dra as Gerrie Nel.

Die verdediging se openingsrede is met ’n ietwat emosionele stemtoon gelewer, vermoedelik om die gehoor te oortuig en te beïnvloed. Dis heel moontlik met opset gedoen; dit moenie as ’n teken van swakheid beskou word nie.

Barry Roux maak staat op irritasie, sarkasme en verkleinerende opmerkings wanneer hy Michelle Burger ondervra; sy praatstyl verander heeltemal. Anders as Gerrie Nel se beheerste styl, beklemtoon Barry se gebare sy sarkasme. Hy sal semantiek tot sy voordeel gebruik, en blykbaar gebruik hy die feit dat hy ’n man is, wanneer hy op die aanval is oor hoe ’n vrou ’n traumatiese voorval verwoord. Hy toon volharding, wat hy as sy vernaamste kenmerk aanwend; dit kan selfs die gehardste getuie aftakel. Dié taktiek kan die hele hofsaak lank gebruik word en kan dalk te doen hê met ’n strategie wat die hofuitspraak wil beïnvloed.

Wat verklap Oscar se lyftaal? KLIK HIER