Die moordbeskuldigde Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het Maandag die familie en vriende van sy meisie, Reeva Steenkamp, wat hy op Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet het, verskoning gevra.

Toe hy in die hooggeregshof in Pretoria in die getuiebank stelling inneem, het ’n huilerige Oscar gesê: “Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om mnr. en mev. Steenkamp, Reeva se familie, verskoning te vra.”

“Ek hou nie daarvan om dit aan jou te doen nie, maar ek kan jou skaars hoor,” het regt. Thokozile Masipa opgemerk.

Hy het voortgegaan: “Elke oggend wanneer ek wakker word, is julle (haar gesin) die eerste mense waaraan ek dink, die eerste mense vir wie ek bid...

“Ek het Reeva bloot probeer beskerm.”

Hy het gesê hy kon haar familie belowe sy het geliefd gevoel toe sy daardie aand gaan slaap.