oscar-01

Regt. Thokozile Masipa sal ná ’n paar dae se regsargumente en getuienis wa Maandag begin ’n groot besluit hê. Verlede maand het sy Oscar skuldig bevind aan strafbare manslag. ’n Vonnis vir so ’n misdaad wissel tussen ’n opgeskorte vonnis en ’n boete en 15 jaar tronkstraf.

Oscar, eens ’n geliefde atleet wat in die 2012 Olimpiese Spele deelgeneem het, is van moord aangekla tydens ’n verhoor wat die wêreld se aandag getrek het, maar regt. Masipa het hom nie daaraan skuldig bevind nie. Regt. Masipa het kritiek uitgelok oor haar besluit, want sommige het gemeen Oscar moes aan ’n mindere aanklag van moord skuldig bevind word omdat hy geweet het hy kon iemand beseer toe hy op Valentynsdag verlede jaar vier skote op die geslote toiletdeur in sy huis afvuur. Reeva, ’n 29-jarige model, het aan haar beserings beswyk, en aanklaers het beweer Oscar het Reeva tydens ’n rusie geskiet. Oscar het getuig dat hy Reeva vir ’n inbreker aangesien het wat hom sou aanval. Prokureurs verskil van mening rakende voorspellings van die soort vonnis wat Oscar sal kry. Sommige meen hy sal nie waarskynlik tronkstraf opgelê word nie omdat hy ’n eerste oortreder is met ’n gebrek wat tronkstraf sal bemoeilik, terwyl ander verwag hy sal tronkstraf opgelê word weens die erns van sy misdaad.

'Ek dink die regter sal hom tronkstraf oplê.'

“Ek dink die regter sal hom tronkstraf oplê, maar nie baie lank nie,” sê George Bizos, ’n menseregteprokureur. Hy het nie die lengte van die moontlike vonnis genoem nie.

Daar is “duidelik verswarende en versagtende faktore” wat die regter se besluit kan beïnvloed, maar dit is moeilik om die tronkstraf akkuraat te bepaal, want “vonnisopleggingswet word so individueel toegepas”, sê Kelly Phelps, ’n senior dosent in publieke reg aan die Universiteit van Kaapstad.

Maar daar is wel vorige vonnisse met strafbare manslag in Suid-Afrika wat ‘’n mate van konteks kan verskaf.

Dit sluit in die sanger Jub Jub se skuldigbevinding aan moord wat vandeesmaand omgekeer is na ’n skuldigbevinding aan strafbare manslag; dit het sy vonnis verminder van 25 jaar tot agt. Hy is in hegtenis geneem nadat hy in 2010 aan padresies deelgeneem het waartydens hy en ’n ander man met motors met ’n groep skoolkinders gebots het; vier is dood en twee is ernstig beseer.

In ’n aparte saak is ’n taxibestuurder se skuldigbevinding aan moord verlede jaar omgekeer na ’n skuldigbevinding aan strafbare manslag; sy vonnis is verminder van 20 jaar tot agt. Die bestuurder het met ’n trein gebots en 10 kinders is in die ongeluk dood.

- Christopher Torchia