Die psigiatriese verslae oor Oscar Pistorius gaan glo vanoggend na die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria geneem word berig Beeld.

Die hof sal nou besluit of Oscar verder verhoor kan word nadat hy sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, doodgeskiet het.

’n Paneel van drie psigiaters en ’n kliniese sielkundige het hom waargeneem en moes besluit of hy toerekenbaar was toe hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in die Silver Woods-landgoed in Pretoria doodgeskiet het.

Volgens Beeld sal die verslae egter eers Maandagoggend, wanneer die saak in die hooggeregshof voortgesit word, amptelik ingedien word.

Die verslae sal nie ingelees word nie, maar bloot ingedien word en daar sal op die rekord gestel word dat hy vir 30 dae psigiatries waargeneem is.

LEES MEER HIER

Bron: Beeld.com