Dr. Denise Björkman, ’n plaaslike lyftaalkenner, ontleed al langer as 30 jaar groot terrorisme- en misdaadsake en die massamedia het haar al gebruik om verkiesings en kandidate in Brittanje en Amerika te ontleed. Sy kyk na die eerste dag van Oscar Pistorius se moordverhoor en wat Oscar, die regsspanne en die eerste getuie, Michelle Burger, se lyftaal verklap.

[caption id="attachment_69263" align="aligncenter" width="600"]Foto: SAPA Foto: SAPA[/caption]

Oscar beheer sy beeld

Dit is te verwagte dat Oscar sy beeld sal beheer tot die voordeel van sy verskeie gehore. Om ’n wêreldklas-atleet te word moet ’n sportman soos Oscar weet hoe om onder uiters stresvolle situasies te presteer. Hy het sterk persoonlike beheer nodig. Hy veg hier om sy lewe. Die toeskouer wil sien of hy tot die voordeel van die skare presteer. Voor die reuse Olimpiese skares en miljoene wat op televisie kyk, was hy heeltemal in beheer van sy emosies, sy verstand en sy beweging, ten spyte van stres van die oomblik. Hy is ’n man van fokus, wat in staat is om sy eie gedrag te ontleed om sy prestasie aan te pas. Die enigste keer dat dit verander het, was toe hy gemeen het ’n mededinger het die voordeel gehad met groter lemme. Hy het daarvan gehou om beheer te wees.
'Sy konserwatiewe swart pak en das is oordadig en onvanpas in sy bewering van smart.'

Soms maak mense slegte klerekeuses in die hof. Oscar se voorkoms is somber en ek wonder of hy ’n beeld van uiterse smart probeer oordra, wat hy al beweer het hy voortdurend ervaar. Sy konserwatiewe swart pak en das is oordadig en onvanpas in sy bewering van smart. Die onvanpastheid word verder gesteun deur die slippedraer- of lykswabestuurder-voorkoms wat dit kweek. Is dit ’n Freudiaanse glips? Hierdie keer dra hy ’n notaboek saam en wil hy duidelik aktief deelneem.

Op die eerste hofdag het Oscar duidelik intens aandag gegee aan die kruisondervraging. Die hof verwag goeie versorging.

Wat ons met die opbou van die Shrien Dewani-“uitlewering”-hofverskynings gesien het, gee te kenne sy verslonste en deurmekaar voorkoms is oneerbiedig teenoor die hof. Dit weerspreek die noukeurig versorgde hande. Hy kom uit ’n ryk familie wat kan betaal vir formeler klere wat die hooggeregshof waardig is. Dit het dalk Dewani se oënskynlik gemaakte depressiewe voorkoms gekompromitteer.

Kenmerkende styl

Glansmense hou van ’n kenmerkende styl. Oscar se kenmerkende styl was nog altyd tot sy voordeel. Die “kenmerk” is sy kort geskeerde hare wat hom ’n seunsagtig onskuldige beeld gee en ’n effens sigbaarde baard of dagoud stoppels.

Daar blyk ’n bewuste poging te wees om ’n beeld van nederigheid, onskuld, seunsagtigheid en respek vir die waardigheid van die hof oor te dra. [caption id="attachment_69154" align="aligncenter" width="600"]Foto: Herman Verwey/Media24 Foto: Herman Verwey/Media24[/caption] Die seunsagtige voorkoms is duidelik “aangepas” vanweë die skielik skoon geskeerde gesig – nie sy gewone minsame en sexy styl nie. Sy verdediging sou hom aangeraai het om konserwatiewe, deuglike burgerklere te dra.

'Sy verdediging sou hom aangeraai het om konserwatiewe, deuglike burgerklere te dra.'

Hy het sy kenmerkende hofblou vermy, wat navorsing in ander lande getoon het ’n jurie en regter wêreldwyd positief beïnvloed. Dit kan in die hof tot sy voordeel strek, want onskuld is ’n voorkoms wat hy moet nastreef, of hy nou onskuldig of skuldig is.

Die paradoks van ’n seunsagtige voorkoms gekontrasteer met sy aggressiewe styl op die baan in die verlede het hom altyd onder die toeskouers geliefd gemaak. Onthou, die modieuse kort baard waarmee hy gewoonlik spog, is weg, wat te kenne gee hy wil die hof probeer oorhaal en ’n beeld skep van iemand wat nie tot geweld in staat is nie – ’n tradisionalis.

Sy geskiedenis van prestasie sal verhoed dat hy sy gestremdheid voorhou, want sy prostetiese bene was duidelik geen nadeel in sy buitengewone sportgeskiedenis nie.

oscar-p-atleet

Oscar as ’n man wat kan koelkop bly, kan die vaardigheid as ’n tweesnydende swaard gebruik. Sy koelkop houding het veroorsaak dat hy vir veiligheidswagte gesê het daar is niks fout nie – slegte oordeel, maar dit het hom tyd gegee.

Sy koelkop houding het deurgeskemer in die feit dat hy sy gesig uitdrukkingloos gehou en nie in die hof met enigeen oogkontak gemaak het nie. Dit kan vir hom werk, maar die baie “koel beeld” kan ook nadelig wees. Dit kan ’n berekende karakter bevestig. Die regter sal soek vir krake met die wete dat hy ’n meester van gesigbeheer is. Eerste indrukke is dikwels blywende indrukke. Hy sal meer wen deur af te kyk en nederig te lyk. As hy emosie toon, sal daar die mediaraserny wees met uiteenlopende vertolkings. Hy gebruik duidelik die beheer waarvoor hy so bekend is. Om onpeilbaar te probeer wees sal vooroordeel voorkom.

Magsinstrumente behoort aan lyftaal

Vername mans het ook kenmerkende gedragspatrone of gebruik voorwerpe om bewustelik en onbewustelik ’n boodskap oor te dra. Dit kan gewoonlik gesien word aan wat hulle bekom – dinge wat hulle wil hê, maar nie noodwendig nodig het nie.

In hierdie geval het Oscar die standaard sigbare magsinstrumente: vinnige motors, ’n aantal vuurwapens, trofeevroue, rykdom, sy beroemde prostese en die aantal selfone wat hy besit het. Hier is die bene, ten spyte van sy gestremdheid, instrumente van prestasie en nie van swakheid nie.

[caption id="attachment_69284" align="aligncenter" width="600"]geweer-main Oscar skiet teiken saam met die Springbok-rugbyspeler Francois Hougaard.[/caption]

Die twispunt oor die selfoon is vreemd omdat vandag se tegnologie die eienaar in staat stel om vas te stel wie bel en die beheer in die foonverbruiker se hande is? Hy het ook vriende in vername posisies wat hom kan help om sake te laat verdwyn, blyk dit uit mediaberigte.

Magtige lande is bekend daarvoor dat hulle hul militêre mag in wapens en tenke vertoon om die boodskap aan ander lande oor te dra. Kyk byvoorbeeld na Rusland en Noord-Korea. Dit lyk of Oscar hieruit geleer het en daarvan hou om sy mag en beheer te demonstreer.

Churchill het sy kenmerkende sigaar gebruik, Joe Slovo het uitdagende rooi sokkies ingespan en Barry Roux dra ’n sterk boodskap oor met sy windmakerige blinkrooi das voor hy sy hoftoga aantrek.

Die gesig en eerlikheid

'Eerlikheid word grotendeels in die oë en gesigspiere weerspieël.'

Ten spyte van sy kundige optrede met vorige verskynings kan Oscar nie al sy emosies beheer nie; hy is menslik. Eerlikheid word grotendeels in die oë en gesigspiere weerspieël. Dis duidelik uit die die vrye beweging van die gesigspiere en natuurlike gemak waarmee iemand direkte kontak maak.

Oscar vermy doelbewus oogkontak, maar onthou, dit kan ook ingespan word om nederigheid aan die hof oor te dra. Sy gesigspiere is grotendeels staties.

[caption id="attachment_69131" align="aligncenter" width="600"]Foto: Herman Verwey/Media24 Foto: Herman Verwey/Media24[/caption]

Oscar moet onberispelik, nederig en bedroef voorkom. Dit sal ’n sterk kontras vorm teenoor sy prettige, ontspanne gedrag ná die moord op 14 Febraurie, waar hy nie juis lyk of hy oorkom is deur hartseer nie. Hy het reeds die media uitoorlê deur by ’n sy-ingang van die hof in te gaan en sy gesigsuitdrukkings kon dus nie uitgesaai word nie.

Sy gesigsuitdrukkings wanneer hy by die hof instap, is uitdrukkingloos. Dit sou onvanpas vir hom wees om sy sjarmante glimlag te gebruik. Hy vermy dit om oogkontak te maak.

Spanning word gekenmerk aan ’n onwillekeurige geklem van die kakebeen, wat ook volop in die OJ Simpson-hofsaak was. Die geboë kop kan ook ’n beheersde aanduiding aan die hof wees dat hy depressief en hartseer is. Die beskerm van manlikheid (die man staan met bak hande oor die laer anatomie – sien onder) was te sien in vorige hofverskynings. Wanneer Oscar opkyk, is die angstigheid in sy oë duidelik sigbaar. Sy leefstyl en ontspanne gedrag strook nie met die gebroke beeld wat hy kies om in die hof te gebruik nie. Met die OJ Simpson-saak, wat ek ontleed het en waaroor ek die wêreld oor lesings gehou het, was die geklemde kaak, vlak asemhaling en eienaardige gesigbewegings opvallend. Hy het gevoel hy is aan die genade van die hof oorgelaat. Daar was ’n duidelike verandering in sy asemhaling nadat die voorsitter van die jurie die uitspraak voorgelees het: ’n Gedwonge uitaseming.

Beskerm sy manlikheid

Let op hoe Oscar sy “manlikheid” met bak hande beskerm het toe hy die eerste keer ná Reeva se dood in die hof verskyn het. Dit is onbewustelike en onwillekeurige lyftaal. In die hof kan die klassieke posisie van die hande ’n teken van magteloosheid wees.

Die kontrasterende voorbeeld van ’n individu wat gemaklik met sy mag is, is dié van prins Philip, die hertog van Edinburg, wat gewoonlik sy hande agter sy rug vou. Vername mans beskerm nie hul manlikheid so openlik nie.

Hoe ’n persoon op plekke en voorwerpe in ’n vertrek reageer, is ook belangrik. In sielkundige taal word dit “veld-afhanklikheid” genoem. Vergelyk Oscar se styl op die baan of sy “veld” – arms buitentoe en oop waar hy in beheer en in sy noppies oor sy prestasies is.

Hy was in beheer van sy ruimte. In sy “hofveld” neem hy so min ruimte moontik in beslag. Dit dui op magteloosheid.

oscar-time-mag