Pistorius sou vanoggend in die hooggeregshof in Pretoria getuig.

“Ons kan nie vanoggend voortgaan nie,” het regter Thokozile Masipa gesê en verduidelik dat een van haar assessore siek is.

Die groot groep joernaliste en selfs lede van die publiek wat vandag werk misgeloop het om Oscar te hoor getuig, is sonder hul verwagte stories huistoe.

Brian Webber, een van Oscar se prokureurs, het oor die saak se uitstel gesê “daar is niks wat ons daaraan kan doen nie.

“Ons kan maar net wag.”

-   SAPA