Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag 'n aansoek deur mediagroepe om die moordverhoor van Oscar Pistorius uit te saai, goedgekeur.

Mediagroepe het aangevoer dat hulle gevorderde tegnologie sal gebruik wat nie hinderlik vir die hof sal wees nie en met afstandbeheer hanteer sal word.

Die Pistorius-kamp het die aansoek teengestaan en aangevoer dat dit tot 'n onregverdige verhoor kan lei. Die verhoor vind van 3 tot 20 Maart plaas.