“Ons het ons betoog ingedien en is gereed,” het Brian Webber gesê. Hy is ’n lid van Oscar se regspan.

Slotbetoë in die saak gaan Donderdag gehoor word.

Die staat het op 30 Julie hul betoë ingedien.

Regt. Thokozile Masipa het op 8 Julie beslis dat geen hoofde van betoog voor die aanvang van die argumente in die hof in die gedrukte of elektroniese media gepubliseer mag word nie.

Die aanklaer Gerrie Nel het aansoek gedoen om die publikasie te voorkom.

Regt. Masipa het gesê die uitsaai of publikasie van sulke dokumente voor dit in die hof gehoor is, is diefstal.

- Sapa