Dit gons op Twitter nadat Oscar Pistorius die eerste keer in vyf maande getwiet het; dié teen hom en vir hom laat ewe veel van hulle hoor.

Oscar het sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet. Hy hou vol dit was per ongeluk, terwyl die staat beweer hy het dit met opset gedoen.

Oscar het Sondag drie keer getwiet. Die eerste een was ’n beeld van Psalms 34:18.

Die tweede twiet was ’n foto van Oscar met verskeie gestremde kinders. Sy laaste twiet van die dag was ’n uittreksel van Victor Frankl se memoires oor die volkslagting van Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hier is die twiets: