Die aanklaer Gerrie Nel beskuldig Oscar daarvan dat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar “koelbloedig” in sy huis in Pretoria doodgemaak het.

Gerrie het gesê die hof moet Oscar se weergawe “so onwaarskynlik vind dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie”.

Gedurende die verhoor het Gerrie Oscar daarvan beskuldig dat hy emosionele ellende op due getuiebank veins omdat hy geweet het sy weergawe van waarom hy Reeva geskiet het, nie water hou nie.

Oscar het beweer hy het emosioneel geraak omdat hy ’n traumatiese gebeurtenis moes herroep.

Die staat het op 30 Julie hul slotbetoë ingedien, en die verdediging Maandag.

Regt. Thokozile Masipa het op 8 Julie beslis dat geen hoofde van betoog voor die aanvang van die argumente in die hof in die gedrukte of elektroniese media gepubliseer mag word nie.