Dit is ingevolge sy vonnis die vroegste wat hy in aanmerking vir parool kan kom.

Volgens Suid-Afrikaanse wetgewing kan ’n gevangene op korrektiewe toesig vrygelaat word wanneer hy ’n sesde van sy vonnis uitgedien het.

Hy is in Oktober verlede jaar tot vyf jaar tronkstraf gevonnis weens die skietdood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag speel hy geen rol in paroolverrigtinge nie en kan daarom nie Pistorius se aansoek om parool teenstaan nie.

Die staat se aansoek om appèl teen Pistorius se vryspreking op ’n klag van moord sal in November aangehoor word.