“Jou weergawe is so onwaarskynlik dat dit tereg nie moontlik waar kan wees nie,” het Gerrie die dag se kruisondervraging begin.

Amper onmiddellik het die geluid van joernaliste se vingers op die toetsbord van skootrekenaars uit die openbare galery opgeklink.

Hy het gesê Oscar se weergawe van gebeure was “inderdaad onwaar”.

“Dit is ’n saamgeflanste weergawe wat jy aangepas het om by die staat se saak te pas. Verstaan jy dit?”

“Ja, U Edelagbare,” het hy sag geantwoord.

Oscar staan tereg op moord nadat hy Reeva op Valentynsdag verlede jaar deur ’n geslote deur in sy huis geskiet het. Hy beweer hy het haar vir ’n inbreker aangesien wat hulle wou aanval.

- Sapa