So het een van die Paralimpiese atleet se prokureurs Vrydag gesê, berig News24.

Die privaat forensiese patoloog Reggie Perumal, wat teenwoordig was by die nadoodse ondersoek op Oscar se meisie Reeva Steenkamp, het Donderdag aan AFP gesê hy gaan nie getuig nie. Dit het mense laat bespiegel dat sy getuienis sleutelpunte van die staat se saak ondersteun.

“Dis onwaar,” het Brian Webber, een van Oscar se prokureurs, Vrydag aan AFP gesê.

“As ons wil hê hy moet getuig, sal hy. Hy is steeds deel van die verdediging.”

Brian het gesê al gaan die patoloog “moontlik nie getuig nie”, is die besluit om ’n ander patoloog te laat getuig, gegrond op “dr. Perumal se beskikbaarheid”.

Reggie se besluit om nie te getuig nie het die aandag van ander forensiese patoloë getrek.

News24 berig die patoloog Steve Naidoo sê hy het gehoor “dis dalk omdat (Reggie) weier om sy weergawe te verander”.

Volgens News24 het Oscar se regspan die voormalige staatspatoloog Jan Botha geroep om in Reggie se plek te getuig.

Strydig met protokol is hy, pleks van Oscar, as die span se eerste getuie geroep.

LEES MEER HIER

Bronne: News24/AFP