Oscar Pistorius se meisie, Reeva Steenkamp, wat vanoggend in ‘n skietvoorval by sy huis gesterf het was ‘n deelnemer in die werklikheidsreeks Tropika Island of Treasure 5.

Dié reeks sal glo vanaf Saterdagaand op SABC 1 uitgesaai word.

‘n Boodskap van vertroosting is op die Tropika Island of Treasure se webtuiste gelaai.

“Ons is geskok deur die tragiese afsterwe van Reeva Steenkamp, een van die sterre van Tropika Island of Treasure 5. Innige simpatie aan haar familie en vriende,” het Tropika Island of Treasure vanaf hul amptelike Twitter-rekening getwiet.

Oscar Pistorius is op aanklagte van moord in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.