[caption id="attachment_69501" align="aligncenter" width="460"]Oscar as baba op die skoot van sy ma, Sheila. Sy ouers is geskei toe hy  sewe jaar oud was en Sheila is oorlede toe hy 15 was. Oscar as baba op die skoot van sy ma, Sheila. Sy ouers is geskei toe hy sewe jaar oud was en Sheila is oorlede toe hy 15 was.[/caption]

Oscar Pistorius se ma, Sheila, is vandag 12 jaar gelede dood in 2002.

Oscar se broer, Carl, het vanoggend getwiet: “Vandag vier ons die liefde wat God op ons neergestort het toe hy jou vir ons gegee het, Mamma.” Hy het ook ’n foto van haar geheg en geskryf #whatalady en #lovedivine.

Oscar, wat vir die vierde dag van sy moordverhoor in die hooggeregshof in Pretoria is, het al baie gepraat oor hoe groot sy ma se invloed op sy lewe was.

Sy is dood nadat daar komplikasies ná ’n siektetoestand ontwikkel het.

Oscar word aangekla van die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar.