Dit volg nadat die saak tydens Oscar Pistorius se moordverhoor aangeraak is.

Arnu het getwiet “rakende al die vrae ná #oscarpistorius se verhoor (Dinsdag)”.

Arnu het gesê hy het tydens die Paralimpiese Spele in Londen in 2012 sy dokter genader om te hoor of die “isolasiekamer twee aande voor ons finale 100 m-wedren beskikbaar was”.

“Dit was een van die belangrikste wedrenne van my lewe; ek wou op my eie tyd goed rus en herstel ter voorbereiding op die wedren. Ek koester al die oomblikke wat ons by die Londen-spele gedeel het,” het Arnu in ’n verklaring gesê.

Arnu en Oscar was spanmaats in die 400 m-aflosspan by die spele.

Die aanklaer Gerrie Nel het Dinsdag tydens sy kruisondervraging van Oscar se agent, Petrus van Zyl, gevra of hy gehoor het van Oscar se kamermaat se versoek om in die atleetdorp na ’n ander kamer oorgeplaas te word. Die kamermaat het blykbaar gekla oor Oscar wat ure lank oor die foon op mense skree.

Petrus het gesê hy is nie ingelig hoekom die atlete geskei is nie, net dat die Suid-Afrikaanse span by die dorp die probleem hanteer het

- Sapa