Oscar Pistorius se prokureur Brian Webber het gesê ’n aanbod is aanvaar vir die Paralimpiese atleet se huis op die Silver Woods-landgoed, berig die Daily Mail.

Oscar het sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag verlede jaar in die luukse huis doodgeskiet.

Volgens die berig is die aanbod aanvaar en is die koop besig om deur te gaan.

Dit is onbekend wie die huis gekoop het en wat die aanbod was. Oscar het in sy borgtogaansoek gesê die huis is nagenoeg R5 miljoen werd.

Oscar het die huis, wat een van sy grootste bates is, in die mark gesit om sy regskoste te help dek.

LEES MEER HIER

Bron: Daily Mail